Padlangs Huistoe Woensdag Oggend Boodskap

‘n Paar aande terug het ek en my gesin na ‘n “Gaither” DVD gekyk. In die vertoning het Mark Lowry gepraat en gesê: “As God ‘n yskas gehad het, sou jou foto daarop wees.” (vertaal) En dit het my laat dink:

Sou God ‘n yskas gehad het, wat sou Hy daarop plak? Wel, as God ‘n yskas gehad het, sou jou foto daarop gewees het. En langsaan sou daar ‘n kalender gewees het met almal se verjaarsdae, selfs joune terwyl jou naam ook op Sy doenlys sou wees want daar is soveel wat Hy vir jou wil doen en gee. En miskien sou daar ook ‘n liefdesbrief, spesiaal aan jou gewees het wat lees:

My kind, jy ken my dalk nie eens maar ek weet alles van jou. Ek ken jou sit en jou opstaan en ek is vertroud met al jou weë. (Psalm 139:1-3) Ek weet selfs hoeveel hare op jou hoof is (Mattheus 10:29-31) want ek het jou na my beeld gemaak. (Genesis 1:27) Nog voor jou geboorte het ek jou geken (Jeremia 1:4-5) en jou reeds gekies toe ek die skepping beplan het. (Efesiërs 1:11-12)

Jou lewe is nie ‘n fout nie. Ek het nie ‘n flater begaan want al jou dae is reeds opgeteken. (Psalm 139:15-16) Ek het besluit wanneer jy gebore sou word en waar jy sou leef. (Handeling 17:26) Ek het jou vreeslik wonderlik gemaak, jou aanmekaar geweef in jou moederskoot. (Psalm 139: 13-14) Dit was ek wat jou voortgebring het. (Psalm 71:6)

Ek is die perfekte Vader. (Mattheus 5:48) Elke goeie ding wat jy het kom uit my hand. (Jakobus 1:17) Ek voorsien in elke behoefte. (Mattheus 6:31-33) My plan vir jou lewe is gevul met hoop. (Jeremia 29:11) want ek het jou lief met ‘n ewige liefde. (Jeremia 31:3) Ek sal nooit stop om goed te doen (Jeremia 32:40) want jy is kosbaar en baie spesiaal. (Exodus 19:5)

As jy My soek met jou hele hart, sal jy My vind. (Deuteronomium 4:29) Wees altyd bly want ek gee jou die begeertes van jou hart (Psalm 37:4) Ek sal jou selfs meer gee as wat jy verwag. (Efesiërs 3:20)

Ja, as God ‘n yskas sou hê, sal jou foto daarop wees want Hy het jou lief, hou van jou en begeer om naby jou te wees, om met jou te wees en in jou te leef.

Social Share Buttons

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Previous post Ons is nog aan die groen kant van die gras
Next post O my God, o Koning

Goto Top