Padlangs Dagstukkie
Daar word vertel dat Colbert Croft en sy vrou, Joyce, deur ‘n besonder moeilike tyd gegaan het. Gedurend 1974 het hul, hul ergste storms en donkerste dae, in die gesig gestaar. Hulle het nêrens gehad om te gaan, nêrens om heen te draai. Hul het gevoel dat hul nie verder kan gaan. Hul was verslae, verlate en alleen: sonder ‘n vriend in die wêreld.
Colbert was so gebroke dat hy nie eens meer kon bid. Een aandterwyl hul moes bid, kon Colbert net roep: “Here, help my.” Joyce het voor die klavier gesit. Omtrent een uur die in die mȏre, toe hy voel dat hy nie meer kon aangaan nie, het die Here aan Colbert ‘n lied gegee. Hy het gaan sit en geskryf:
I thought that number one would always be me
I thought I could be what I wanted to be
I thought that I could build on life’s sinking sand
But I can’t even walk without You holding my hand
I thought that I could do a lot on my own
I thought I could make it all alone
I thought of myself as a mighty big man
But I can’t even walk without You holding my hand
Lord I can’t even walk without You holding my hand
The mountains too high and the valleys too wide
Down on my knees I’ve learn to say
Lord I can’t even walk without You holding my hand
Vir bykans ‘n jaar (en selfs meer so in die afgelope weke) gaan ek deur een van die moeilikste tye in my lewe. Ek het ook ‘n paar storms ondervind. En alhoewel ek baie liefdevolle mense met regte omgee-harte ken, het ek gevoel dat ek nêrens gehad het om te gaan, nêrens om heen te draai nie. Ek het ook gevoel dat ek nie meer kan voortgaan nie. Maar in hierdie tyd het die Here vir my hierdie lied gegee wat Colbert Croft geskryf het en ek het gebid:
Lord I can’t even walk without You holding my hand
The mountains too high and the valleys too wide
Down on my knees I’ve learn to say
Lord I can’t even walk without You holding my hand
Dit is nou net na 2H30 in die mȏre, en terwyl ek skryf, is ek intens bewus daarvan dat baie van julle deur storms gaan, baie van julle alleen voel en baie van julle nêrens het om te gaan nie. Vir jou stel ek voor om te bid:
Lord I can’t even walk without You holding my hand
The mountains too high and the valleys too wide
Down on my knees I’ve learn to say
Lord I can’t even walk without You holding my hand
Die Here spreek tot Jesaja en sê: Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer. (Jesaja 54:10) As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. (Jesaja 43:2)
Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (Jesaja 41:13) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. (Jesaja 41:10)
En wanneer ons erken dat ons nie eens kan loop sonder dat Hy ons hand hou nie, sal Hy ook aan ons gee wat Hy aan Jesaja belowe het. Ons sal dit deur die storm maak, ons sal oorleef, ons sal oorkom. Nie weens wie ons is of wat ons kan doen nie, maar omdat Hy in ons en deur ons werk. Ons sal oorwin deur Jesus Christus wat ons krag gee. (Romeine 8:37)