Vrydag Padlangs Huistoe Boodskap

Ek het geleer dat God se bestemde tyd nie my tyd is nie. Volgens Jesaja 60:22 sal God dinge op die regte of op Sy bestemde tyd laat gebeur.

Talle sal hul egter op God se genade of onverdiende guns beroep. Hulle kan selfs sê dat God se genade voldoende is en as gevolg van Sy genade kan ons eienaarskap neem en op elke belofte aanspraak maak. Desondanks of desnieteenstaande is dit egter ‘n gevaarlike vertrekpunt, want God stel dit duidelik dat daar by ons ‘n soeke na Hom moet wees. In Matteus 6:33 word ons beveel om eers die koninkryk van God te soek, sodat al hierdie dinge vir ons bygevoeg kan word.

Volgende keer as ek in die versoeking kom om te vra wanneer, bid ek dat die Here my insig en wysheid sal gee sodat ek kan sien waarom Hy nog nie kan gee en om my geduld te gee sodat ek kan wag totdat Hy deurkom.

Social Share Buttons
Previous post lewens afgesonder vir God
Next post Saterdagaand Kampvuur 10 van 26 November 2022

Goto Top