Padlangs Huistoe Oggend Boodskap
In my eie lewe en bediening het ek dikwels moeg geword, wou ek dikwels opgee en elke keer moes ek myself vra wat die redes is waarom ek iets doen. En elke keer was die antwoord dat ek gemaak is om God te loof. Ek is gemaak om Sy Heilige Naam te verheerlik. En heel dikwels het hierdie lied in my gedagtes opgekom:


I was made to praise you
I was made to glorify your name
In every circumstance to find
A chance to thank you
I was made to love you
I was made to worship at your feet
And to obey You Lord
I was made for you


Maar waarom moet ons Hom verheerlik? Die rede is eenvoudig. God wat ons gemaak het, het gesien hoe ons in sonde verval. As gevolg van die val het die mens besmet geraak met sonde, ongeregtigheid en siekte. Ons, wat siek geword het, het nie net ‘n Geneser nodig gehad nie, maar ook ‘n Redder.

As gevolg van ons siek toestand het Jesus gekom en nadat Hy ‘n ruk lank tussen die siekes gewoon het, het Hy ons sondes op Homself geneem, in ons plek gesterf, en opgestaan ​​op die derde dag sodat ons gered, bevry en genees kan wees. Deur Sy bloed wat van die kruis gevloei en deur die grond opgeslurp is het ek en jy ‘n rede om te lewe en ‘n rede om God te verheerlik. Jesus het ons rede geword.


Maar daar is dae wanneer ek nie die krag het om God te verheerlik nie; wanneer ek moeg en swak is. Dan sê hulle dat ek ‘n offer van lof moet bring. Maar soms is hulle verkeerd. Hebreërs 13:15 lees: ” Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” En al te dikwels plaas ons die klem op ons wat ‘n lofoffer moet bring, terwyl die klem einlik op die woorde “deur Hom” moet val. Sonder Hom kan ons niks doen nie.

Maar wanneer ons Hom, wat ons kan red volgens Hebreërs 7:25 en deur wie ons toegang tot die Vader het (Efesiërs 2:18) toelaat in ons lewens, kan ons deur Jesus geestelike offers bring wat aan God welgevallig is. (1 Petrus 2: 5). Wanneer ons Hom toelaat om in ons verheerlik te word, sal Hy die Vader deur ons verheerlik.


So, Waarom moet ek aangaan? Waarom moet ek voortstrompel? Waarom moet ek hierdie stryd stry? Waarom? Jesus is die rede waarom.


En aangesien Jesus in my woon, en aangesien ek niks anders het as om te gee as dit wat Hy eerste aan my gegee het nie, kan ek ook sing:


I will always praise you
I will always glorify your name
In every circumstance
I’ll find a chance to thank you
I will always love you
I will always worship at your feet
and I’ll obey You Lord
I was made for you

Social Share Buttons
Previous post Saterdagaand Kampvuur 6 van 29 Oktober 2022
Next post hoekom is ek so bedroef

Goto Top