Padlangs Huistoe Oggend Boodskap —–
In Markus 10: 51-52 kom Jesus ‘n blinde man teë en vra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Die blinde man sê vir Hom: “Rabbóni, dat ek mag sien.” En Jesus sê vir hom: “Gaan, jou geloof het jou gered.” En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.
In Lukas 8:43 – 48 lees ons van ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gelei het (wat talle dokters gesien het, en niemand kon genees nie). Nadat sy die soom van Jesus se kleed aangeraak het, was sy genees. In Lukas 8:48 het Jesus vir haar gesê: “Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”
Al te dikwels bring ons, ons behoeftes voor die Here. Ons gee Hom ‘n lys van benodigdhede of wonderwerke wat ons benodig. Ons vertel Hom van die lae bankbalans en die groot rekeninge wat betaal moet word. Ons vertel Hom van ons siektes en kwale en selfs watter medikasie ons nodig het. Ons vertel Hom van ons gebroke verhoudings, ons eensaamheid en vrese.
Maar as ek die Skrif hierbo lees, sien ek dat dit nie genoeg is nie. Ons sien die Here kyk dieper of verder as die behoefte of nood. Ons sien dat die Here die toestand van die hart ondersoek. Ons sien die Here soek en vind hul geloof.
En dit is dikwels ons probleem. Ons lê dikwels ons siele bloot, spreek ons begeertes uit en bring ons behoeftes voor die Here terwyl ons geen of baie min geloof het. Ons het ‘n oor uitgeleen aan diegene wat nie meer in wonderwerke glo nie, wat nie meer in die genesende krag van die Here glo nie. Ons het in die strik van ongeloof geval wat dikwels sê: “Ek weet nie” of “Ek twyfel.”
Maar die Here sê in Matteus 21:22: “En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.”
Die Here vra meer as woorde, meer as blote mondelinge versoeke. Die Here ken ons behoeftes en alhoewel ons ons behoeftes aan God bekend mag maak, moet daar groter klem of fokus wees op geloof. Om in Christus te glo, is meer as om te glo dat Hy ons probleme kan oplos, in ons behoeftes kan voorsien en kan gee wat ons vra. Geloof in Christus behels geloof in die persoon van Jesus Christus, in wie Hy is eerder as wat Hy kan doen. Ware geloof groei vanuit ‘n ware, intense en hegte verhouding met God deur Jesus Christus.
Ons Hemelse Vader, ek kom na u toe in die Naam van Jesus Christus. U is my Koning bo alle konings, my Here bo all here. U is die Lewende Water, die Brood van die Lewe, die Prins van Vrede. U is my Verlosser, Bevryder en Geneser. In U kan ek lewe en lewe in oorvloed hê, daarom bid ek vir ‘n spesiale openbaring van wie U is in ons lewens. Openbaar Uself in ons, in elke area van ons lewens en elke punt van nood. Ek bid dit in Jesus Naam – Amen.