Padlangs Dagstukkie
Elke klein dingetjie wat ek ontvang is ‘n gawe van God. Die vriendelikke glimlag van die petroljoggie, die groet by die kasregister, die handdruk by die kerkdeur is alles gawes van God. Die drukkie by my kind, die soen op die wang deur my eggenoot of die koppie warm tee is alles ‘n gawe van God. Die gratis “sample” saam met my koerant, die afslagkoepon in die winkel of die “koop een, kry een gratis” promosie is alles ‘n gawe van God.
Elke klein dingetjiie wat ek het of besit is ‘n gawe van God. Die lug wat ons inasem, die kos in die kombuiskas, die vleisie in die vrieskas en die vrugte op die tafel is ‘n gawe van God. Lopende water, elektrisiteit en ook die huisie waarin ons bly, is ‘n gawe van God. ‘n Kombers, my bed en selfs die stoel waarop ek sit is ‘n gawe van God. My gesondheid, my familie en my vriende is ‘n gawe van God. My geboorte op aarde was ‘n gawe van God maar meer as dit, my wedergeboorte of my redding is ‘n gawe van God.
Elke klein dingetjie wat ek kan gee is ‘n gawe van God. Om genade te bewys of om lief te hê is ‘n gawe van God. Om vriendelik, geduldig of hulpvaardig te kan wees is ‘n gawe van God. Wanneer ek ‘n snytjie brood kan gee, ‘n kombers of ‘n trui is dit ‘n gawe van God. Om ‘n woord van bemoediging of ‘n woord van wysheid te kan gee is ‘n gawe van God. Om vir iemand te kan bid, iemand kan vertroos of ‘n verlore siel na God te lei is ‘n gawe van God.
Dit is in hierdie klein dingetjies wat ons ontvang, waarin ons God se grootheid kan sien. Dit is weens die klein dinge wat ons besit dat ons dankbaar voor God kan staan. Dit is in die klein dinge wat ons kan doen wat ons God se plan kan uitleef en bruikbaar word in God se koninkryk.
Kom dan, kom ons onthou die klein dinge wat ons ontvang het, die klein dinge wat ons besit terwyl ons begin om klein dinge vir God en ander te doen. Dan sal ons die grootheid van God se liefde beleef, die omvang van sy genade besef en selfs Sy hand van voorsiening ervaar.
God roep elkeen van ons. “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid.” (1 Petrus 4:10) Maar sommigges mag dink: “Ek het nie baie nie, net ‘n klein bietjie om te gee” Maar laat ek jou weereens herinner aan die lied “”Little is much” wat lui: “In the harvest field now ripened, there’s a work for all to do. Hark; the master’s voice is calling, o the harvest calling you. Does the place you’re called to labour seem so small and little known? It is great if God is in it, and He won’t forsake His own. Little is much when God is in it. Labour not for we a lth or fame. There’s a crown and you can win it, if you go in Jesus’ name.”