Vanoggend se Padlangs Huistoe Boodskap – “God werk die beste van binne.”

Soveel kere roep ons die Here aan wanneer alles om ons ineen tuimel of uitmekaar val. Ons roep die Here aan wanneer ons in nood is, wanneer ons siek is, wanneer die rekeninge betaalbaar is of wanneer ons huwelik misluk. Ons roep God aan wanneer die dokter sy kop skud en wegdraai, wanneer ons huweliksmaat ‘n paar goed in ‘n sak pak en loop of wanneer die bank ‘n lening of kredietkaart weier. Ons bid die Here om ons te red wanneer die storms woed en ons bang is om te verdrink. Maar die vraag wat ek wil vra, is of ons Hom in ons lewensbote toegelaat het voordat die storm gekom het?

In Matteus 8:23 – 26 lees ons: En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan! En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.

Vandag wil ek jou nooi om Jesus in jou boot, en in jou lewe toe te laat. Dan sal jy ook sien hoe Jesus aan die binnekant, aan die buitekant werk en verandering in jou lewe bring.

Maar ja, jy mag sê dat Jesus in Matteus 14 op die water nader geloop het en dit is waar dat Jesus op die water het aangestap mag kom. Trouens, dit is presies wat Hy gedoen het toe Hy jou die eerste keer uit die slawerny van sonde gered het. Maar, sal dit nie beter wees om te weet of sekerheid te hê dat Hy in jou is en wag om Homself te openbaar in elke situasie wat die lewe jou kant toe gooi nie.

Hoekom nie God se gawe van vergifnis aanvaar nie? Waarom Hom nie toelaat om as koning te heers nie? As jy nog nie Jesus Christus as jou Verlosser aangeneem het nie, hoekom doen jy dit nie vandag nie? En, as jy dit voorheen gedoen het, hoekom bevestig jy nie vandag jou verbintenis tot Hom nie? Hoekom sal ons nie Jesus inlaat, om aan die buitekant te werk en ‘n verandering in jou lewe teweeg te bring nie?

Gaan na die webblad vir volle verandering Hulp – https://www.steps2heaven.co.za/

Social Share Buttons
Previous post Saterdagaand kampvuur – 24 September 2022
Next post Wanneer ons God liefhet

Goto Top