Padlangs Huistoe Oggend Boodskap

Jesus het my NET SOOS Petrus gevra , 3 Keer . Daniel het jy My Lief ? Net soos Petrus het ek geantwoord . Ja Here ek het U Lief !!! So ook vra Hy dit aan jou vanoggend !!! Wat gaan jou antwoord wees ? Maar voor jy antwoord , moet ons eers die volgende oordink ! As ek Jesus waarlik liefhet, sal ek Hom nie wil te na kom nie, sal ek Hom nie teleur wil stel nie, sal ek Hom nie seer wil maak nie. As ek Jesus waarlik liefhet, sal ek Sy gebooie bewaar. “Maar hoor ek iemand sê: “Ons is nie onder die wet, maar onder die genade” Paulus vra: “Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?” en dan antwoord hy: “Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? (Sien Romeine 6:1-2)

Kom dan, kom ons dien die Here in Gees en in waarheid. Kom ons soek Sy aangesig. Laat ons Hom nie in die steek laat of Sy Woord minag nie maar laat ons hoor wat Jesus sê. Hy sê aan die vrou wat egbreuk gepleeg het: “Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Johannes 8:11)

Die Here het ook met my gepraat en gesê: “As jy My liefhet, gaan heen en sondig nie meer nie” Daarom wil ek vandag wil ek ook vir jou sê: “As jy die Here waarlik liefhet, gaan heen en sondig nie meer nie”

En sou jy vind dat die sonde soos kakiebos aan ‘n wolkombers klou, roep tot die Here, vra Hom om jou te verlos en die Here sal jou te hulp snel. Hy wat vra dat ons die sonde neerlê is ook by magte om ons te help.

Social Share Buttons
Previous post Op die regte tyd het God ons gebede beantwoord
Next post Saterdagaand Kampvuur 7 van 5 November 2022

Goto Top