Padlangs Huistoe Oggend Boodskap
Psalm 42:5 wat lui; “Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!
Die nuuter vertalings vra “hoekom is ek so bedroef”. Telkemale raak ons bedroef en onrustig. En tog, ten spyte hiervan moet ons soos die psalm skrywer bereid wees om steeds die Here te loof.
Tog sukkel ons en vra ons talle vrae. Paulus se antwoord op hierdie versukkeling is opgeteken in 2 Korinthiers 13:5 wat lui: “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie—as julle ten minste nie verwerplik is nie!”
2 Korinthiers 13:5 in die Good news Bible lees as volg “Put yourselves to the test and judge yourselves, to find out whether you are living in faith. Surely you know that Christ Jesus is in you, unless you have completely failed”
Hoekom raak ons dan so onrustig? Kom ons ondersoek onsself en kyk of ons geloof in Jesus nie te kort skiet nie. Dan begin ons die Here loof want ons geloof vind uiting in ons bereidwilligheid om God te loof, selfs vir dit wat ons nog nie ervaar nie.
Liewe Heer, Ek kom nederig voor U en vra dat U ons sal vul met geloof sodat ons ook U sal loof. En dan glo ek dat U, deur ons lofprysing, ons onrustigheid verdryf. Ek bid dit in Jesus naam – Amen