Padlangs Dagstukkie
Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood. (Jakobus 2:26)
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die lied “Praise the Lord and pass the ammunition” baie gewild geraak. Sommige sê dat die Amerikaners die lied gesing het terwyl hulle in loopgrawe was, terwyl hulle oor vyandige gebiede gevlieg het en die kanonne op oorlogsskepe beman het. Daar is baie stories rondom die ontstaan van die lied maar die meeste is eens dat die frase die eerste keer dear ene Kapellaan Forgy gebruik is. In ‘n onderhoud in 1955 het Forgy gesê: “Wel, ek was gestasioneer aan boord van die USS New Orleans. Ons het ammunisie opgetrek deur die kwartdek en ek sommige van die jong manne gelei. Toe hulle ‘n bietjie moeg raak, het ek gesê: “Praise the Lord and pass the ammunition”
Soos u weet, bied ons ‘n gratis gebeds- en leidingdiens aan. Onlangs, terwyl ek hieraan dink het die Here my aan Jakobus 2:26 en die lied “Praise the Lord and pass the ammunition” herrinner.
Baie het geloof en baie bid. Ongelukkig is slegs ‘n paar bereid om ammunisie op te neem of aktief deel te neem of te werk. Ek deel graag wat die Here op my hart gelê het, maar voordat ek gekruisig word, laat ek dit duidelik stel dat werke niemand kan red, bevry of genees nie. Nee, dit is ‘n gawe van God. Maar om aan jou probleme te werk terwyl jy die Here vertrou om jou moed en krag te gee, is nie opsioneel nie; dit is ‘n Bybelse vereiste.
Baie skryf, vra dat ons bid vir ‘n dieper verhouding met die Here. Maar is hulle bereid om tyd saam met die Here te spandeer in gebed, om God se aangesig te soek of om die Woord (Bybel) te bestudeer?
Baie bid en vertrou die Here om herlewing in hul huise, kerk of selfs hul land te bring. Maar is hulle bereid om die wêreld in te gaan en Jesus Christus, die Weg, die Waarheid en die Lewe te verkondig? Is hulle bereid om hul Christelike waardes en oortuigings uit te leef en mense lief te hê? Nee, ek stel nie voor dat ons almal predikers word nie. Ek stel voor dat ons lewens gevul met Jesus Christus leef sodat ander Hom in ons kan sien.
Ek wil dit nader by die huis bring;
Baie vra vir bonatuurlike skuldverligting. Maar wat het hulle gedoen? Het hulle die Here gevra voordat hulle skuld gemaak het? En nou, vasgevang in die wurggreep van skuld, is hulle bereid om hul leefstyl aan te pas, minder te spandeer, en selfs reëlings te tref met diegene vir wie hulle geld skuld? Is hulle bereid om ‘n tweede inkomste te soek om sodoende hulle skuld te betaal?
Baie glo dat God hulle huwelike kan red. Maar is hulle bereid om aan hul huwelik of verhouding te werk? Is hulle bereid om aan hul lewensmaat vas te klou? Is hulle bereid om hul eie selfsugtige begeertes op te gee om hul gades te behaag? Sal hulle hul owerspelige bedrywighede staak?
Baie bid vir die bevryding van alkohol, dwelms en sigarette. Maar is hulle bereid om daardie bottel wyn uit te gooi, die bier uit hul yskaste te verwyder of weg te bly van die plaaslike kroeg? Is hulle bereid om die sigarette in die vullisdrom te gooi?
Baie bid vir ‘n salarisverhoging, ‘n beter werk of net ‘n werk. Maar gee hulle hul bes in hul werk? Is hulle bereid om enige werk te aanvaar en hul pad na bo te werk? Is hulle bereid om iets soos herwinning, tuindienste of verkope aan te pak?
Sou jy vra wat hul die meeste frustreer, sal omtrent elke predikant, berader of geestelike werker sê dat mense wil hê dat hulle probleem weggebid moet word, maar dat mense nie bereid is om te doen wat die berader voorstel nie.
Ek dink dat baie van ons van ons knieë af moet opstaan. Gister vertel iemand my dat hul seun gesê het dat hy moeg is om na matte te kyk. Al wat hulle doen, is om van een plek na die ander te gaan en op verskillende kleur matte te kniel terwyl hul situasie nie verander nie. Kom ek herhaal Jakobus 2:26 wat sê: “Geloof sonder werke is dood” (Jakobus 2:26)
Is jy bereid om die Woord in aksie te stel? Is jy bereid om nie net te bid nie, maar om ook te doen wat die Here gesê het?
Laat my afsluit met die koorgedeelte van die liedjie “Praise the Lord and pass the ammunition”
Praise the Lord and pass the ammunition
Praise the Lord and pass the ammunition
Praise the Lord and pass the ammunition
And we’ll all stay free