Padlangs Dagstukkie

Ek het geleer om tyd in Sy teenwoordigheid te spandeer sodat Sy sagte Heilige Gees deur my kan vloei sonder dat ek Hom iets vra, sonder dat ek Hom van my sorge vertel, sonder dat ek aanspraak maak op sekere dinge, sonder dat ek Hom ‘n slaaf of ‘n dienaar maak wat ek kan hiet en gebied.

Ek het ook beleef hoe God my vrede gee in ‘n tyd van onrus, kalmte bring te midde van storms, hoop in ‘n “hopelose” situasie bring en my vreugde herstel selfs in tye van hartseer en wanhoop. Ek het gevind dat die Here my geloof herstel, my verstand vernuwe en versterk. Soos die sanger Carman kan ek ook sê: “In the stillness of my soul, I reflect to see how Your love and power have grown and moved inside of me.”

Is jy moeg of afgemat? Het jy gebid en gebid, geprys en geprys? Miskien praat die Here vandag met jou en sê: “Wees stil en weet Ek is God. Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees en oor die aarde verhoog word.” (Psalm 46:10 – NLV). Die Here die Almagtige is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob. (Psalm 46:11 – NLV)

Social Share Buttons
Previous post Die Here vra net ‘n bietjie geloof
Next post Saterdagaand Kampvuur 13 van 17 December 2022

Goto Top