Padlangs Gedagte vir die Dag
“u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind” wat God teen Bélsasar se muur geskryf het. (Sien Daniél 5:27)
Dikwels word ons hulpgeroep nie gehoor nie, bloot omdat ons geweeg en te lig gevind is. Dikwels word ons gebede nie verhoor of beantwoord nie, bloot omdat ons nie geregverdig is nie. So, wat is regverdigmaking en hoe verkry ons dit? Niemand word regverdig gebore nie, maar ons kan regverdigmaking verkry deur wedergebore. Regverdigmaking kom deur Jesus Christus en meer so deur die bloed wat Jesus op Golgota gestort het. Dit is deur die belydenis van sonde, aanvaarding van Jesus Christus en wedergeboorte dat ons die gawe van regverdigmaking ontvang. En, aangesien die gelowige ‘n bloedverbond met God aangegaan deur Jesus Christus, bring die Heilige Gees nou in vervulling dit wat Jesus begin het.
Wat is hierdie regverdigmaking? Die regverdiges word God se eie mense in die Contemporary translation asook die opregtes in die Basic English translation genoem. (Sien Psalm 34:17 in beide vertalings). Die regverdiges is diegene wat God se eie geword het deur Jesus Christus te aanvaar en ‘n opregte lewe leef. Maar dit kan net deur geloof gedoen of bereik word. In Hebreërs 11: 7 sien ons dat Noag die geregtigheid deur geloof bekom of van God ontvang het.
Regverdigmaking kom uit ‘n diep verhouding met Jesus Christus wat ons geregtigheid geword het deur aan die kruis te sterf en die daaropvolgende opstanding. En of ons daarvan hou of nie, dit gaan ook hand in hand met heiligmaking of om heilig te leef. ‘n Heilige lewe is ‘n lewe afgesonderd en toegewyd aan die Here. ‘n Heilige leef ‘n leefstyl wat God se wil soek, Christus volg en voortdurend die vyand, sonde en ongeregtigheid weerstaan.
Ek glo dat die regverdige die beste opgesom kan word as iemand wat sy of haar verlossing waardeer of geniet. Dit is ‘n persoon wat dankbaar is vir God se liefdevolle genade, wat voortdurend verlang om God se wil te doen of God te behaag, terwyl hy of sy die rug draai op sonde en ongeregtigheid.
Kan enige mens volkome regverdig wees? Nee, nie as jy dit self of in eie krag doen nie. En ja, as jy Jesus Christus toelaat om geregtigheid in jou te word kan jy regverdigmaking smaak.
Kom ons gaan terug na Psalm 34:17. Wanneer ons regverdig geword het deur die bloed van Christus en die inwerking van God se Heilige Gees in ons, sal ons huil en die Here sal hoor. Dan sal ons verlos word van moeilikhede en probleme.