Padlangs Huistoe XM Oggend Boodskap

Die “Gospel” sanger Tony Greene was gediagnoseer met eindfase nierversaking. Sy niere het ingegee en hy moes uiteindelik vier keer per dag dialise ondergaan. Hy getuig egter dat God besig was om ‘n nier vir hom voor te berei terwyl hulle op ‘n nier gewag het. Toe hulle op die punt was om op te gee, het hulle verneem dat sy vrou TaRanda se nier perfek was. Een van haar niere is oorgeplant en Tony het nie meer eindfase nierversaking gehad nie. Tony het voortgegaan om gelowiges bemoedig met die lied “Hold on” deur Phil Cross. Hy is toe Later oorlede.

When there’s no step left to take.No moves left to make.Oppressing fears, tormenting doubts,Prayer after prayer, still there is no way out. And it seems like pain is all you gain. Hold on, hold on. Through every storm, hold on. Even in the darkest night, Walk by Faith not sight. Hold on, hold on.

Terwyl ek na sy getuienis en die liedjie geluister het, het ek besef dat die woorde “hold on” maklik geïnterpreteer kan word as die vermoë om te volhard of uit te hou totdat iets gebeur. Maar sou mens na die konteks kyk, sal jy sien dat die bedoeling is om aan die Here vas te hou. Dit behels meer as om te volhard totdat die deurbraak kom. Dit beteken om vas te hou aan die Een wat die deurbraak gee.

Laat my poog om te verduidelik: Ons hou dikwels vas aan ‘n boomtak in ‘n poging om nie te val nie, eerder as om aan die Maker van die boom vas te hou. Paulus skryf: “laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. ”(Hebreërs 10:22-23 – 1983 vertaling)

Laat ons vashou, laat ons volhard in geloof. Laat ons vashou in die wete dat ons meer as oorwinnaars is in Christus (Romeine 8:37) en deur Hom tot alles in staat is. (Filippense 4:13)

Handelinge 2: 21 sê: “En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” Laat ons dan die Here aanroep, in geloof aan Hom vashou, en ons sal ook Sy lig in ons donkerste nag beleef.

Social Share Buttons
Previous post En Jesus sê vir hom: “Gaan, jou geloof het jou gered.”
Next post Laat elke dag tel.

Goto Top