Maandag Oggend Padlangs Huistoe Boodskap
‘n Perskeboom sal altyd perskes dra, net soos ‘n appelboom altyd appels sal dra en ‘n appelkoosboom altyd appelkose sal dra.
Ek het ook iets anders geleer. Ek het geleer dat die perskeboom nooit appels sal dra nie, ‘n appelkoosboom sal nooit perskes dra nie en ‘n perskeboom sal nooit appelkose dra nie.
As Christene hoef ons nie te skree: “Ek is ‘n Christen, ek is ‘n Christen” sodat ander kan sien dat ons, ons lewens aan Jesus oorgegee het nie. Nee, mense sal sien dat ons Christene is deur die vrugte wat ons dra. Christene dra altyd goeie of Goddelike vrugte. Hierdie vrug wat ons dra kan vergelyk word met ‘n lemoen met baie segmente. Elke segment verteenwoordig ‘n ander eienskap soos om liefdevol te wees, vol vreugde te wees, vriendelik te wees, goed te wees, getrou te wees, sagmoedig te wees en selfbeheersing te kan beoefen.
Bowendien, soos ‘n perskeboom wat nooit appels sal dra nie, ‘n appelkoosboom wat nooit perskes sal dra nie en ‘n perske wat daardie boom nooit appelkose sal dra nie, mag Christene ook nooit slegte vrugte dra of voortbring nie. (Sien Galasiërs 5: 22 – 23)
’n Christen-gelowige moet nooit betrokke raak by onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en soortgelyke dinge nie. (Sien Galasiërs 5: 19-21)
So, laat ons vrugte dra wat getuig van ons verhouding met Jesus Christus. Laat ons nie vir ander sê dat ons Christene is nie, maar laat ons hulle toelaat om Christus in ons te sien terwyl ons voortgaan om goeie vrugte te dra.