“Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.”

Maar helaas, hierdie seën is maar net woorde aan die teruggevalle, verharde of onberouvolle siel. Terwyl ek gebid het, het die Here die belangrikheid daarvan benadruk dat ons terug na Hom moet draai en ons lewens opnuut aan Hom moet wy.

Vandag roep die Here ons aan en sê: “Keer terug na My toe, en Ek sal na julle terugkeer,” (Sagaria 1:3) ” Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer.” (Jeremia 3:22)

Daarom, “Laat ons, ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, Laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek en bely: ‘Ons het sonde gedoen en was opstandig’” (Klaagliedere 3:40) “Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy sal ons genees, Hy sal ons verbind.. (Hosea 6:1)

Wanneer ons tot God nader, sal Hy tot ons nader. Laat ons kom met ‘n geweeklaag. Laat ons treur, ween, huil en ons verneder (verootmoedig) voor die Here en Hy sal ons verhoog. (Sien Jakobus 4:8-10)

Soos opgeteken in Psalm 37:5, sal die Here Sy Woord tot vervulling bring as ons, ons weë aan Homtoevertrou en op Hom vertrou.

Moenie langer wag nie! Moenie uitstel nie! Soos die verlore seun, laat ons terugkeer na die Here en sê: “Vader, ek het gesondig teen die hemel en teen U. Ek is nie meer werd om jou seun genoem te word nie.” Dan sal die Here uitroep en sê: “Hierdie broer (suster) was dood en het weer lewendig geword, en hy (sy) was verlore en is gevind..”

(Sien Lukas 15:11-32)

https://www.steps2heaven.co.za/

Social Share Buttons
Previous post Ek wil jou bemoedig
Next post “I don’t know about tomorrow”

Goto Top