Padlangs Huistoe Oggend Boodskap
“As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” (Jesaja 43:2) En ja, sedertdien het ons stormagtige waters, ruwe riviere en fel brande ervaar. Maar soos Dawid kan ons ook getuig:
O my God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik. (Psalm 145: 1 – AOV)
Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke. (Psalm 145: 8-9 AOV)
Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae. (Psalm 145:14 – 16 AOV)
Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd. (Psalm 145:17 – 21 AOV)
Kom ons loof die Here tesame. Kom ons maak Sy Naam groot. En in die dae wat voorlê, terwyl die Wëreld Kersfees vier, kom ons loof die Here want binne die krip het Een gelê wat groter was as die ganse skepping. Aan die kruis het Een gehang wat groter was as al ons sonde. In die graf het Een gelê wat groter was as ons ongeregtigheid. Maar in die opstanding het Jesus Christus vir ons die grootste geskenk bo als gegee. Hy het vir ons saligheid geskenk en ook vir ons die ewige lewe en ewigdurende vrede bewerkstellig.
Daarom, besing ek die Here. Daarom sing ek: “Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!” (Psalm 103:1 AOV)