Padlangs Dagstukkie
Toe die vraag “Ken jy God?” aan ‘n gehoor gevra word het baie gedink dat dit met verlossing te doen het en “Ja!” geantwoord. Maar toe die tweede vraag: “Ken jy God regtig?” gevra is het talle erken dat hul min van God weet. Op die vraag of hulle weet wat God van hul verwag, het die gehoor baie stil geword. Sou ons alles in ag neem, kan ons tot die gevolgtrekking kom dat ons God nie ken nie. En die rede hiervoor is omrede ons nie die Woord (Bybel) ken of bestudeer nie.
In die lig hiervan wil ek graag die belangrikheid daarvan uitwys om die Woord van God te bestudeer. In ‘n soeke oor redes waarom ons nie die Woord studeer nie, het ek op die aanhaling deur R.C. Sproul afgekom. Hy het eenkeer gesê: “We fail in our duty to study God’s Word not so much because it is difficult to understand, not so much because it is dull and boring, but because it is work. Our problem is not a lack of intelligence or a lack of passion. Our problem is that we are lazy.” Die ander rede hoekom talle nie die Woord wil bestudeer is omrede die Woord bewys lewer dat God die mens ken, dat die Woord ons tot inkeer roep en dat ons dan moet verander. Billy Sunday het gesê: “The reason you don’t like the Bible, you old sinner, is because it knows all about you.”
Vergun my om aan die hand van ‘n paar voorbeelde te wys hoe die skrif telkens ons vrae beantwoord.
“Ken God my?” – Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken. (Jeremia 1:5)
“Het God my lief?” – Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16)
“Gee God vir my om?” – Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. (1 Petrus 5:7)
“Sal God my vergewe?” – As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Johannes 1:9)
Soos hierbo gesien, kan ons baie van God leer deur eenvoudig die Woord te bestudeer. Maar wat sê die Woord oor die Woord? Elke Skrif is deur God geïnspireer en nuttig om te leer, ter wille van teregwysing, vir regstelling en vir opleiding in geregtigheid, dat die persoon wat aan God toegewy is, vir elke goeie werk bekwaam en toegerus kan wees. (2 Timoteus 3: 16-17) Want die woord van God is lewend en aktief, skerper as enige tweesnydende swaard, deurdringende totdat dit siel en gees verdeel, gewrigte en murg, soos dit die gedagtes en doelstellings van die hart oordeel. (Hebreërs 4:12). Daar is geskrywe: Die mens leef nie alleen van brood nie, maar deur elke woord wat uit die mond van God kom. (Matteus 4: 4) Hierdie woorde word in die Bybel opgeneem. “Want wat in die verlede geskrywe is, is geskrywe vir ons opdrag, sodat ons hoop kan hê deur uithouvermoë en deur die aanmoediging uit die Skrif.” (Romeine 15: 4)
“Maar is die Woord steeds relevant?” Vra iemand. Jesaja skryf in Jesaja 40: 8 “Die gras verdor, die blom vervaag, maar die woord van onse God sal vir ewig wees.”
“Maar ek verstaan nie alles nie.” Mark Twain het gesê: “It ain’t the parts of the Bible that I can’t understand that bother me, it’s the parts that I do understand” Miskien moet ons kyk na die gedeeltes wat ons wel verstaan en dit in gehoorsaamheid begin uitleef terwyl ons God vertrou om die res aan ons duidelik te maak.
“Maar hoe kan Bybelstudie my omstandighede verander?” Laat ek dit antwoord met ‘n aanhaling van Charles Spurgeon: “A Bible that’s falling apart usually belongs to someone who isn’t”
Kom ons lees, ondersoek en bestudeer God se Woord terwyl ons toelaat dat God Homself en wie Hy is aan ons en in ons lewens openbaar.