Got any rivers you think are uncrossable?
Got any mountains you can’t tunnel through?
God specializes in things thought impossible
He does the things others cannot do.
Depresief, gebroke of stukkend geskeur? God spesialiseer in die onmoontlikke! Voel U nie goed nie; is U siek of sterwend? God spesialiseer in die onmoontlikke! Finansiëel sukkelend, gesekwistreer of selfs bankrot? God spesialiseer in die onmoontlikke! Kinders verlore; weggedwaal van God of jouself? God spesialiseer in die onmoontlikke! Dwelms, drank, molestasies of ander probleme in die familie? God spesialiseer in die onmoontlikke! Geestelik verlore, buite God se wil? God spesialiseer in die onmoontlikke!
Daar is ‘n wêreldse beskouing wat sê: “As jy glo kan jy dit bereik” of “As jy glo, kan jy dit doen” Maria Carrey sing selfs:
Oh yes, there can be miracles when you believe
Though hope is frail, it’s hard to kill
Who knows what miracle you can achieve when you believe
Somehow you will, you will when you believe
En om een of ander vreemde rede het die lied sy pad tot in die kerk gevind en word dit gesing asof dit evangelie is. Maar geloof gaan nie oor dit wat jy kan bereik nie. Geloof gee ons ook nie s bonatuurlike krag om iets te kan doen nie. Ware geloof behoort in God te wees. Ons word geleer dat geloof die oplossing sien en nie die probleem nie. Geloof sien gesondheid en nie siekte nie, sien voorspoed en nie teenspoed nie. En tog, wanneer ons so glo raak ons dikwels betrokke in een van die grootste dwalinge van ons tyd want enige geloof wat nie in God gesetel is nie is eintlik ongeloof. Geloof moet ten alle tye om Christus wentel, God in fokus stel. Instede om die oplossing eerder as die probleem te sien moet ons Jesus die Probleemoplosser sien. Instede daarvan om genesing eerder as siekte te sien behoort ons eerder Jesus die Geneser te sien. Instede daarvan om eerder voorspoed as teenspoed te sien behoort ons Jesus die Voorsiener te sien. Om in enigiets of enig ander te glo is niks anders as afgodery, ‘n belediging aan God en ons Here Jesus Christus deur wie alles moontlik is.
Om geloof in ons geloof te hê is ver verwyderd van geloof in God. Om in jouself te glo is ligjare verwyderd daarvan om in Jesus te glo. Om te dink dat positiewe belydenis ‘n verskil maak is bykans soos om te glo dat die duiwel jou na God toe sal lei.
Kom ons kyk vlugtig na Markus 9:23 En Jesus sê vir hom: “Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.” Ongelukkig het ons verkeerdelik begin glo dat ons enigiets kan bereik deur net te glo terwyl geloof ongekwalifiseerd en ongefokus is. Die vers mag en kan nie alleen gelees word nie maar moet saam met vers 22 gelees word waar die man sê: “Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.” Die man twyfel dus ‘n bietjie in Jesus en sê: “as dit moontlik is of as U in staat is.” Dan antwoord Jesus Hom hierop deur te sê: “As jy kan glo” Hierdeur bevestig Jesus die man moet glo dat Hy (Jesus) kan. Die geloof benodig is dus geloof wat sê: “Ek glo U (Jesus) kan. Ek weet dat alles is moontlik vir U daarom maak ek nie staat op my geloof maar op U wat tot alles in staat is”
Spurgeon het eens gesê: “The best sermons are sermons which are fullest of Christ. A sermon without Christ as its beginning, middle and end is a mistake in conception and a crime in execution.” Ek wil die volgende onomwonde stel: “The best faith is faith which is fullest of Christ. Faith without Christ as its beginning, middle and end is a mistake in conception and a crime in execution”
God spesialiseer in die onmoontlikke en Hy kan doen wat geen ander kan doen as on sons geloof in Hom stel, in God deur Jesus Christus, ons verlosser.