Oggend Psalms

Oggend Psalms, aangebied deur Padlangs Huistoe XM, is ‘n uur van gospelmusiek, oudiopsalms en getuienisse wat jou dag begin met die woord van God. Kom luister saam; ons wag vir jou. Weeksdae om 7;00 – 8;00.

In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag. Want U is nie ‘n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie. Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid. U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE ‘n afsku. Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees. HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg. Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is ‘n oop graf; hulle maak hul tong glad. Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U. Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild.

– Psalm 5:3-12

Die Radio Speler speel Automaties op verskeie bladsye , as hy nie speel nie Druk op die speel knoppie hieronder en wees ingeskakel. Die volume op die radio speler is verstelbaar.  Uitsaai tye is as volg (Tans): 




Social Share Buttons

Goto Top