Padlangs Dagstukkie —-
Thomas Andrew Dorsey het die Lied geskryf
“When my way groweth drear
Precious Lord, linger near
When my light is almost gone
Hear my cry, hear my call
Hold my hand lest I fall
Lead me on
Precious Lord, take my hand
Lead me on, let me stand
I am tired, I’m weak, I am worn
Through the storm, through the night
Lead me on to the light
Take my hand, precious Lord
Lead me home”
In Afrikaans vertaal “Wanneer my pad troebel word
Dierbare Here, vertoef naby
Wanneer my lig amper weg is
Hoor my huil, hoor my roep
Hou my hand vas dat ek nie val nie
Neem my hand, dierbare Here
Lei my verder
Dierbare Here, vat my hand
Lei my voort, laat my staan
Ek is moeg, ek is swak, ek is verslete
Deur die storm, deur die nag
Lei my na die lig
Neem my hand, dierbare Here
Lei my huis toe”
Vandag weet ek nie wat jy in die gesig staar nie. Ek weet nie of jy moeg, swak of afgemat voel nie. Ek weet nie of jy deur ‘n storm of deur duistere tye gaan nie, maar een ding weet ek. God sal jou begewe of verlaat nie. (Sien Hebreërs 13:5) Selfs vandag, te midde van ons lyding en beproewinge ons hartseer en ons pyn, roep die Here steeds: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matteus 11:28–30).
Dit laat my dink aan nog ‘n liedjie, geskryf deur Gene Mac Lellan en gesing deur Elvis. Met die woorde van hierdie lied wil ek jou uitnooi om jou hand in die hand van ons Here en Verlosser te plaas.
Put your hand in the hand of the man who stilled the water
Put your hand in the hand of the man who calmed the sea
Take a look at yourself and you can look at others differently
Put your hand in the hand of the man from Galilee
SIT VANOGGEND NET JOU HAND IN DIE HAND VAN JESUS EN VOLG HOM !!