Padlangs Huistoe Oggend Boodskap — Terwyl ek hier sit, dink ek aan die dinge wat ons lesers deurmaak. Ek dink aan die pyn, die lyding, die mishandeling, die druk en meer. Ek dink aan lesers wat niemand het of nêrens heen kan gaan nie .
En ek wens, ek wens ek kon daar wees. Ek wens ek kon langs die kind wat ‘n ouer verloor het, die ouer wat ‘n kind verloor het of die egenoot wat sy of haar maat verloor het gaan sit. Ek wens ek kon daar wees om na hul te luister en te vertroos. Ek wens ek kon by die jong meisie gewees het wat verkrag is en gelaat is om dood te gaan; net om haar vir ‘n oomblik vas te hou en haar van God se liefde te vertel. Ek wens ek kon daar gewees het vir die man of vrou in depressie, net om vir hulle te sê dat Jesus steeds in hul tyd van duisternis en wanhoop die lig en die rede is om te lewe.
Ek wens ek kon kos bring vir die honger gesinne, of hoop bied aan diegene in finansiële nood. Ek wens ek kon die sakeman help wie se besigheid gefaal het. Ek wens ek kon met finansiële oplossings vorendag kom vir diegene wat vasgevang is in skuld of diegene wat ekstra kontant nodig het net om deur die maand te kom.
Ek wens ek kon diegene help wat afhanklik is van dwelms, alkohol en ander middels; Ek wens ek kon hulle aan die Here voorstel wat steeds kan red en verlos.
Maar hier waar ek sit, is ek bewus daarvan dat ek nie daar kan wees vir almal nie. Ek besef dat ek nie altyd die tyd of die antwoorde het om elke persoon in nood te help nie. Maar Dit laat my dink aan die liedjie “I know a man who can” deur George Jones wat lui:
I can’t take a heart that’s broken, Make it over again.
But I know a man who can
I can’t take a soul that’s sin sick and wash it white as snow.
But I know a man who can.
I can’t walk upon the water or calm a raging sea.
But I know a man who can.
I can’t cause blind eyes to open Or make the lame to walk again.
Oh But I know a man who can.
Some call him Savior, the redeemer of men.
I call him Jesus for he’s my dearest friend.
If you think that no one loves you and your life is out of hand.
I know a man who can…
Al wat ek vandag kan doen, is om u aan Jesus voor te stel. Jesus is die Een wat gesalf is om die evangelie aan die armes te verkondig, om gebrokenes van gees te genees, om verlossing aan gevangenes te verkondig, om blindes te herstel, om diegene wat gekneus is, vry te maak en die aanvaarbare jaar van die Here te verkondig. (Lukas 4: 18-19)
Jesus het blinde mense laat sien, kreupel mense laat loop, mense met velsiektes skoon gemaak, dowe mense laat hoor, dooie mense opgewek en die goeie nuus aan I armes gebring het. (Matteus 11: 5)
Ongelukkig kan ek nie altyd daar wees in elkeen se uur van nood nie, maar my begeerte is om u voor te stel aan Jesus Christus, wat net een gebed, o f selfs ‘n sug ver is. En hy red, verlos en genees steeds. Roep Hom aan en Hy sal tot u nader. Roep Hom aan en Hy sal hoor.