Woensdag Oggend Padlangs Huistoe Boodskap

“Waar is jy?”

Terwyl ek onlangs na die lied “Victory in Jesus” geluister het, het die woorde “He sought me and bought me with His redeeming blood” nuwe lewe in my gekry. Ek dink toe aan Adam en Eva wat, nadat hulle gesondig het, hul skaamte bedek het met die blare van ‘n vyeboom en weggekruip het vir God. En alhoewel God wat alles weet, moes geweet het waar Adam en Eva was, het Hy steeds geroep: “Waar is jy?” (Genesis 3: 9). Adam het geantwoord: “Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. “(Genesis 3:10)

Vandag soek die Here steeds na diegene wat verlore is. (Lukas 19:10). Vandag vra die Here steeds: “Waar is jy?” Vandag, soos in die dae van sy kneg Esegiël, sê die Here: “Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk.” (Esegiël 34:16) Ja, vandag staan ​​die Here steeds by die deur en klop en wag vir die deur om oopgemaak te word. (Openbaring 3:20)

En ten spytte daarvan dat talle glo dat die mens min met sy verlossing te doen het, wil ek dit omonwonde stel dat die Gees van God wat van binne die mens werk, die mens na ‘n Verlosser laat smag en in hom ‘n begeerte skep om die deur oop te maak. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Romeine 10:13 en Handelinge 2:21)

Soos Adam en Eva kan ek en jy ook probeer om van God weg te kruip, of ons kan soos die Psalmdigter uitroep: “Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap; soek u kneg.”(Psalm 119: 176)

Wanneer die Here roep; Wanneer ‘n soekende Verlosser sy deurboorde hand na ons uitstrek, laat ons nie wegdraai nie, laat ons nie onsself verberg of probeer om ons sondes en ongeregtigheid te bedek nie, maar laat ons soos Samuel sê: “Hier is ek.” (1 Samuel 3: 4)

Soos in Lukas 4:18 – 19 sê Jesus Christus, die soekende Verlosser: “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.” Saggies en teer roep Jesus: “Kom tuis, kom tuis! Almal wat moeg is, kom tuis!” Hy roep: “O sondaar, kom tuis!”

Laat jou hart nie verhard nie. Jy dink dalk dat jy ‘n helverdiendede sondaar is, nie eens waardig om gered te word nie. Jy is dalk ‘n afvallige gelowige of dien twee meesters. Jou siel smag dalk na God. Jy is dalk in nood, siek, moeg, verlore of alleen. Onthou: “Daar is ‘n soekende Verlosser, Jesus Christus wat op jou wag.” Hou op om weg te kruip. Raak ontslae van die vye blare van skaamte en minderwaardigheid. Laat die Gees van die Here toe om jou nader aan God te trek sodat jy ook kan sing:

O victory in Jesus, my Savior, forever.
He sought me and bought me with His redeeming blood;
He loved me ere I knew Him and all my love is due Him,
He plunged me to victory beneath the cleansing flood.

Social Share Buttons
Previous post Sou ek terug kyk deur die eeue is ek dankbaar
Next post Sien hulle Jesus in my

Goto Top