Padlangs Huistoe Oggend Boodskap = In hul harte sê baie dat hulle nie kan aangaan nie. Hulle vra hoeveel langer hulle die stryd moet verduur. Soos Popeye, die matroos, sê hulle “I have all I can take and I can take no more!” In hierdie moeilike tye sê die Here: “Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!” (Psalm 31:25)

Kyk rondom jou en sien wat die Here gedoen het. Hy wat jou van sonde en dood gered het, is steeds dieselfde. Hy wat jou verlos, genees en beskerm het, het nie verander nie en sal jou nie verlaat nie.

Ja, ons kan vir ‘n tyd lank ly. Vir ‘n tyd kan ons pyn ervaar. Vir ‘n tyd kan ons angstig word en vrees ervaar, maar die Here is al die tyd by ons. Het ons dan nie gesien hoe die Here Job herstel het, en vir hom meer gegee het as wat hy gehad het nie? Het ons nie gesien hoe Josef vanuit ‘n put na ‘n troon gebring is nie? Het ons nie gesien hoe Paulus en Silas uit die gevangenis verlos is en Petrus van verdrinking gered is nie?

Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! (Psalm 31: 25) Wees nie bevrees nie, want die Here het jou verlos; Hy het jou by jou naam geroep; jy is syne! (Jesaja 43: 1) Moet julle nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Kwel julle nie oor môre nie! (Matteus 6:31 en 34)

Vandag sê die Here aan diegene wie op Hom wag volgens Psalm 31:24: “Fear not my child, I’m with you always. I feel every pain and every tear I see. Fear not my child, I’m with you always. I know how to care for what belongs to me” (uit die lied “Fear not” deur Carman)

Social Share Buttons
Previous post Maalvleis Bolletjies
Next post Om God se grootheid te beskryf of te besing.

Goto Top