Padlangs Dagstukkie
Wag Jy op die Here vir Iets ? Die Here se vanoggend aan jou ! “Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!” (Psalm 31:25)
Kyk rondom jou en sien wat die Here gedoen het. Hy wat jou van sonde en dood gered het, is steeds dieselfde. Hy wat jou verlos, genees en beskerm het, het nie verander nie en sal jou nie verlaat nie.
Ja, ons kan vir ‘n tyd lank ly. Vir ‘n tyd kan ons pyn ervaar. Vir ‘n tyd kan ons angstig word en vrees ervaar, maar die Here is al die tyd by ons. Het ons dan nie gesien hoe die Here Job herstel het, en vir hom meer gegee het as wat hy gehad het nie? Het ons nie gesien hoe Josef vanuit ‘n put na ‘n troon gebring is nie? Het ons nie gesien hoe Paulus en Silas uit die gevangenis verlos is en Petrus van verdrinking gered is nie?
Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! (Psalm 31: 25) Wees nie bevrees nie, want die Here het jou verlos; Hy het jou by jou naam geroep; jy is syne! (Jesaja 43: 1) Moet julle nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Kwel julle nie oor môre nie! (Matteus 6:31 en 34)