Padlangs Huistoe Oggend Boodskap
Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? (1 Korintiërs 6:19)
Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het. (2 Korintiërs 6:16)
Soos gesien kan word in beide verse hierbo, is ons die tempel van God. Aangesien ons (diegene wat God se genadegawe van redding deur Jesus Christus aanvaar het) ‘n tempel van God is, wil ek graag hê dat ons moet bid:
Hemelse Vader, VERWYDER uit hierdie tempel alle werke van die vlees, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge. (Galasiërs 5:19-21)
Ek bid ook dat U die vrug van die Gees wat liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing is sal HERSTEL in hierdie tempel. (Galasiërs 5:22-23)
Bowenal, HERSTEL in ons ‘n liefde vir U, Vader God en vir ander soos beveel in Markus 12: 30-31.
Mag hierdie tempel nie ‘n doodstrik of ‘n pad na die ewige dood wees nie, maar laat dit ‘n plek word waar U, God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees kan verheerlik sal word en andere U sal leer ken. Ek bid dat hierdie tempel ‘n skynende lig, ‘n baken van hoop en plek van rus vir diegene sal wees wat, soos ek, ‘n openbaring van God se teenwoordigheid en krag nodig het.