PADLANGS-HUISTOE XM EER BETOONING![]()

Padlangs Huldeblyk


As u Nog nie die Tragiese nuus gehoor het van die Afsterwe van Beide Eddie en Linda van der Merwe nie , Gaan die vir u GROOT hartseer Nuus wees, Eddie en Linda is Padlangs Huistoe na ‘n Tragiese motor ongeluk met ook ‘n Vriend in die Motor op die Wilhelmstal pad in Namibia, met die Kop aan Kop botsing het hul motor aan die Brand geslaan en die Insittenes kon nie gered word nie , Eddie , Linda en Mr Brand het omgekom in die botsing op die 2de Mei 2025.
Padlangs Huistoe XM was hul groot liefde na God die Vader , Jesus die Seun , die Heilige Gees en hul Kinders en Kleinkinders . daarom het van die voormalige Direksie lede besluit . Kom ons gaan aan met die Droom van twee Pragtige Mense wat ons geweldig mis en na verlang.


Stuur asb u Huldeblyke aan ons , Ons plaas dit hier .
Hier die eerste van die Boshoff Gesin van Usakos NMB
Oom Eddie en tannie Linda….
Vriende wat familie geword het, die oom en tannie wat ek altyd sal onthou van
kindsdae af wat kon sing soos engele en ghitaar tokkel sonder moeite. En toe het
ek die voorreg om ons eie kinderkies aan hulle voor te stel vir wie hulle so lief
was. Tannie Linda se ewige poppekas hou vir ons klein span en oom Eddie se
intense liefhê wanneer hulle op Usakos afklim en ingewag word deur kinder
armpies.
Oom Eddie en tannie Linda…
‘n Span wat nooit geskroom het om Jesus te sing vir die skare, oom Eddie se
sagte blou poele wat gekyk het soos ek dink Jesus gekyk het in mens se siel.
Twee mense wat altyd op ‘n Jesus-mission was en landswyd Jesus se liefde
gesaai het in die harte van klein en groot, geel en bruin. Twee mense wat die
beste en enigste van hulle oes vir hulle naaste sou gee en geweet het hoe om
hulle kruise op te neem en Jesus te volg.
Oom Eddie en tannie Linda…
Die einde was nie vir julle finaal nie…dit was die begin van ‘n long heart desire to
meet your Maker…our King Jesus, God Elohim. Die dood was ‘n wins wat nuwe
lewe gebring het ten spyte van ‘n menigte hartseer.
Tot ons mekaar weer sien by die voete van ons Jesus
Daar gaan ‘n Paar Vriende van Eddie en Linda poog om hul liefde , die Radio , weer aan die Loop te kry , waar ons ook Her Uitsendings van Linda en Eddie se Gewilde program , By die Kampvuur gaan uitsaai , plus ander diamant opnames van beide Eddie en Linda .
Padlangs Huistoe XM , Die geassosieerdes neem geen verantwoordelikheid vir die menings of stellings wat deur die geselsprogramgashere of hul gaste gemaak word nie. Verklarings of programonderwerpe is nie noodwendig die oortuigings van hierdie webwerf of die radiostasie nie en menings tussen geselsprogramgashere kan bots. Hierdie webwerf onderskryf niks as die waarheid nie, dat jy self sal moet oordeel, maar ons probeer om die waarheid namens die geassosieerdes te praat en behou die reg voor om die veronderstelde waarheid te bevraagteken. In hierdie tyd van verkeerde inligting, regeringsbeheerde media en regeringskorrupsie, is dit soms moeilik om by die waarheid uit te kom, maar ons moet probeer. Dit is nie ons bedoeling om enigiemand te etiketteer, te diskrimineer en te maak haat, of irriteer nie. Ons glo dat dit ons reg van Vrye spraak is om ons menings te lug en ons plig om die waarheid bloot te lê. Hierdie webwerf neem geen verantwoordelikheid vir die menings van ander in die plasings van opmerkings in kletskamers, of forumplasings op Facebook en What’s-app nie.
LUISTER GERUS HIER . KLIK OP DIE SKAKEL
Indien jy sou belangstel om RADIO PADLANGS-HUISTOE XM te ondersteun, kan jy ons kontak vir jou donasie. Ons sien uit om binnekort regstreeks uit te saai.
Sommige mense vra: WAARVOOR STAAN DIE “XM”?
Daar is tans 3 soorte Radio Stasies. Ons Ken almal FM! FM saai ‘n sekere radius rondom die sender uit.
En ” AM” wat in ‘n rigting uitsaai.
Dan “XM” staan vir ” Wêreld Radio via die Internet” Jy kan Padlangs Huistoe XM aanlyn luister waar jy ookal in die wêreld is deur op die “skakel” te druk.
