Welkom

PADLANGS-HUISTOE XM is gebore vanuit ‘n verhouding met God die Vader, Jesus Christus die gekruisigde en Heilige Gees ons Trooster en Vriend! Of jy oppad is huistoe, of in Otjiwarongo of in die Kongo sit: jy sal verseker die golfklanke van RADIO PADLANGS-HUISTOE geniet!
Huistoe

‼PADLANGS-HUISTOE XM NUUS‼

Indien jy sou belangstel om RADIO PADLANGS-HUISTOE XM te ondersteun, kan jy ons kontak vir jou donasie.  Ons sien uit om binnekort regstreeks uit te saai en selfs om ‘SATERDAGAAND -KAMPVUUR” na jou dorp toe te bring!!

Sommige mense vra: WAARVOOR STAAN DIE “XM”?

Daar is tans 3 soorte Radio Stasies. Ons Ken almal FM! FM saai n sekere radius rondom die sender uit.

En ” AM” wat in ‘n rigting uitsaai.

Dan “XM” staan vir ” Wêreld Radio via die Internet” Jy kan Padlangs Huistoe XM aanlyn luister waar jy ookal in die wêreld is deur op die “skakel” te druk.

Padlangs Nuus ,
Sondag aand Uitsendings begin vanaand 1 Jan 2023 om 18h00 tot 20h00 . Afrikaanse Geestelike Program geskeduleerd , geskeduleerde programme sal gespeel word op tye soos aangedui op ons webwerf! Meer geskeduleerde programme word in die jaar beplan, soos ‘n Sondagoggend program. Padlangs Huistoe XM kan nou op twee skakels geluister word. padlangs-webwerf www.PadlangsHuistoeXM.com en www.OnlineRadioBox.com onder Padlangs op die lys van Namibiëse-radiostasies.

RADIO PADLANGS-HUISTOE XM geskeduleerde programme.

Saterdagaand kampvuur met Eddie & Linda om 18h00 tot 21h00 PM

Drie ure van saamkuier en luistergenot met Eddie & Linda van der Merwe! Hier deel ons mooi stories oor ons land en sy mense. Luister na die mooiste uitgesoekte musiek uit ons diskoteek!! Net vir jou! Ons deel ‘n reseppie terwyl jy om jou vuurtjie sit en woorde deel van HOOP uit God se woord of deur ateljee gaste se getuienis. 


Padlangs Huistoe XM , sy eienaar en geassosieerdes neem geen verantwoordelikheid vir die menings of stellings wat deur die geselsprogramgashere of hul gaste gemaak word nie. Verklarings of programonderwerpe is nie noodwendig die oortuigings van hierdie webwerf of die radiostasie nie en menings tussen geselsprogramgashere kan bots. Hierdie webwerf onderskryf niks as die waarheid nie, dat jy self sal moet oordeel, maar ons probeer om die waarheid namens die eienaars te praat en behou die reg voor om die veronderstelde waarheid te bevraagteken. In hierdie tyd van verkeerde inligting, regeringsbeheerde media en regeringskorrupsie, is dit soms moeilik om by die waarheid uit te kom, maar ons moet probeer. Dit is nie ons bedoeling om enigiemand te etiketteer, te diskrimineer en te maak haat, of irriteer nie. Ons glo dat dit ons reg van Vrye spraak is om ons menings te lug en ons plig om die waarheid bloot te lê. Hierdie webwerf neem geen verantwoordelikheid vir die menings van ander in die plasings van opmerkings in kletskamers, of forumplasings op Facebook en What’s-app nie.




Social Share Buttons

Goto Top