Frikkadelle Met Soetsuur Sous

1 kg Maalvleis
2 Aartappels geskil en gerasper
100 ml Melk
2 uie grof gerasper
1 pakkie sampioen sop poeier
12.5 ml asyn

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng al die bestandele deeglik. Maak die frikkadelle middelmatige grootte en pak in ‘n gesmeerde oondpan of bakskottel.

SOETSOUS

160 ml sagte bruinsuiker
60 ml Worcestersous
30 ml blatjang
90 ml Tamatiesous
60 ml Mosterd
(Paar druppels tobasco sous opsioneel)

Meng al die sous bestandele saam en skep oor frikkadelle. Bak 25 min onbedek. Skep na ongeveer 15 min van die sous weer oor die frikkadelle.
(Ek hou die skottel skuins en skep sous oor)
Lekker eet!!

Social Share Buttons

Goto Top