Appeltert Resep

Resepte
Van mej. R. de Beer

37,5 ml botter
180 ml suiker
3 eiers
60 ml melk
250 ml meelblom 2 ml Gem Speserye.
5 ml bakpoeier
3 ml vanieljegeursel
1 ml sout
kaneel
pitlose
1 middelgroot blik appels + 1/3k rosyne

Room botter en suiker saam. Voeg eiers een-een by. Voeg droë bestanddele en melk bietjies-bietjies by, be- halwe kaneel. Smeer mengsel in groot, gesmeerde vuur- vaste bak en plaas appels bo-op. Druk dit effens in beslag met vurk. Strooi kaneel oor en bak in warm oond van 190 grade C vir ongeveer 30 minute totdat dit begin bruin word bo-op. Giet karamelsous oor warm tert. Laat koud word en dien op met room.

Karamelsous:
12,5 ml botter
250 ml suiker
250 ml melk
Kook alles saam vir 10 minute.
Let wel: Pleks van appels kan fyn pynappel of koejawel gebruik word. Dreineer net eers goed.

Social Share Buttons
Previous post Saterdagaand Kampvuur van 9 September 2023
Next post Saterdagaand Kampvuur van 16 September 2023

Goto Top