Padlangs Kuier – 4 Feestelike Slaaie

Padlangs Kuier – 4 Feestelike Slaaie

KERRIE NOODLE SLAAI – hou vir lank in die yskas:

BENODIG:

•500 g gaar noodles

•1 groen/rooi/geel peper fyn gesny ( kies jou kleur)

•1 ui fyn gesny

•250 ml tamatiesous

•125 ml witasyn

•125 ml kookolie

•200 ml suiker

•30 ml kerriepoeier ( of meer)

•Tabasco na smaak

•sout en peper

HOE MAAK MENS :

Kook die noodles tot sag maar nie pap nie, dreineer goed.

Sny jou ui en peper in mooi klein blokkies en meng dit deur die noodles.

Meng die res van die bestandele in n bakkie.

Roer dit deur jou noodles.

Los dit oornag in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.

Dit is n heerlike bygereg by braaie of sommer net vir so eet.

Bron: Resepte en Wenke.

FANTASTIESE KOOLSLAAI

– 1/2 middelslag-koolkop

– 1 blik (440 g) pynappelstukke

– 1 pakkie (80 g) groen jelliepoeier

– 1 blik (397 g) kondensmelk

– 250 ml mayonnaise (1 k)

Hoe Maak Mens

Snipper die kopkool fyn.

Voeg die pynappelstukke (en hul stroop) en die jelliepoeier by die koolsnippers en meng goed.

Voeg die kondensmelk en mayonnaise by en meng.

Die slaai kan dadelik voorgesit word of dit kan tot ‘n

week lank in ‘n toe houer in die koelkas gehou word.

(12 Porsies)

(Ek verkies dat die slaai ‘n paar uur voor opdiening voorberei word – verkieslik die vorige aand. Dan is dit

soveel lekkerder!)

Bron: Resepte en Wenke.

Pasta OORSKIET slaai

So warm weer vandag so pasta slaai in ding vandag

250 g pasta sag gekook in soutwater –spoel af onder kou kraan —gooi in bak met bietjie olyf olie—-die volgende bestandele moet jy maar asb jou proe tegniek op die proef stel.

Kersie tamaties—handvol green peppers—gekapte ham stukkies—pietersielie—mozzarella kaas –droe tiemie—1 el heuning–2 el asyn–dun uie ringe–sout en peper 2 groot el mayonaize —meng alles met die pasta —dit is tog te lekker.

Bron: Watertand Resepte.

KONDENSMELK AARTAPPEL SLAAI

8 tot 10 medium aartappels

1 Ui lekker fyn gekap

4 eiers gekook en in skywe gesny

500 ml Mayonaise

½ blik Kondensmelk

½ teel Mosterdpoeier

Klein bietjie melk om Mayonaise te verdun (¼ koppie)

Aromat & Swartpeper na smaak

METODE:

Kook aartappels tot amper sag en laat koud word.

Meng res van bestanddele baie goed.

Meng met aartappels, voeg sout na smaak by.

NOTA: Jy kan ook ‘n blikkie ertjies byvoeg.

Bron: Bak en Brou Resepte.

Social Share Buttons

Goto Top