Kebab Resep

SKAAP VLEIS KEBABS

1 kg Skaapboud vleis
125 ml Olyfolie
125 ml Suurlemoensap
5 ml gedroogde Roosmaryn
5 ml gedroogde Tiemie
5 ml gedroogde Marjolein
5 ml gedroogde Kruisement
5 ml gekapte knoffel
250 ml droë witwyn
25 ml Brandewyn
2 lourier blare

Metode:

  • Sny die vleis in blokkies met vet aan. Die vet is ‘n MOÈT, anders smaak die vleis na niks. Sit vleis in ‘n groot vlak bak. Meng al die ander bestandele en roer dit deeglik. Giet dit oor die vleis en marineer dit ten minste 3 ure lank in yskas.
  • Ryg dit op sasatie stokkies. Braai dit 10 minute oor warm kole as dit medium gaar moet wees.
    Braai dit 20 minute oor matige kole as jy dit goed gaar verkies. Draai dit gereeld met braai, bedruip deurgaans met marinade. Geniet!
Social Share Buttons

Goto Top