Padlangs Kuier 4 Tert Fees Resepte

KORSLOSE MELKTERT Dit het nog nooit geflop nie!

– 4 koppies melk

– 1 koppie suiker

– 1 koppie koekmeel

– 5 ml bakpoeier

– 4 eiers, geskei

– 4 eetlepels botter/margarien, gesmelt

– 1 teelepel vanieljegeursel

– kwart teelepel sout

– Kaneel om bo-oor te strooi

HOE MAAK MENS ?

Voorverhit die oond tot 180°C.

Spuit ‘n diep tertbak met kossproei.

Klits eiergele, suiker en die gesmelte botter/margarien saam

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel.

Terwyl jy aanhou klits, voeg die melk geleidelik by tot alle klonte opgelos is en alles goed deurgemeng is.

Voeg die vanieljegeursel by.

Heel laaste vou die styfgeklopte eierwitte in.

Giet in die voorbereide tertbak en bak 35-40 minute tot ‘n toetspen skoon uit die middel kom.

Strooi ‘n lagie kaneel bo-oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

Terwyl die tert afkoel, stol dit nog meer.

Bron: Liplekker Resepte.

Heerlike verukklike Grenadella yskastert

1 blik koue ideal melk–1/2k strooisuiker–1 blikkie grenadella moes–1 pakkie lemoen jellie–1 k kookwater—pak tennis beskuitjies.

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel–klits ideal melk styf en klits stadig die strooisuiker by–voeg moes en jellie by klits tot romerig en deur gemeng—pak laag tennis beskuitjies en vulsel bo oor –herhaal nog 2keer—dit is n groot tert—want dit is n groot lekkerte —sit in yskas om te stol.

Bron: Bak en Brou.

Amarula tert – Die lekkerste tert wat ek ooit geeet het.

60ml Kakao.

125ml kookwater.

3 Eiers.

220ml Suiker.

60ml Olie .

250ml Koekmeel.

10ml Bakpoeier.

2ml Sout.

STROOP

200ml Suiker.

250ml Water.

60ml Amarula.

1 Blikkie karamel kondensmelk.

Styf geklopte Room & Flake

Beslag:

Meng kakao met kookwater laat afkoel.

Klits Suiker + olie + eiers een vir een saam.

Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur.

Sif droë bestandele en voeg by eiermengsel meng goed deur.

Gooi in glasbak 22cm/30cm vooraf gespuit met cook ñ bake.

Bak by 180C vir 25-30min

Stroop:

Kook water+suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is.

Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur.

Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

Laat heeltemal afkoel.

Versiering:

Karamel kondensmelk & room stooi flake fyn bo-oor.

(Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn flake oor)

Bron; Die Poeding Klub.

Outydse Peppermint Crisp Tert

Bestandele:

1 Pakkie tennisbeskuitjies

1 blikkie karamel kondensmelk

1 peppermint crisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie orley whip/room (styf geklop)

Metode:

Pak lagie tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk, dan lagie sjokolade – herhaal tot bestandele op is.

Sit orley whip heel bo-op en strooi bietjie sjokolade bo-op.

Bron: Bak en Brou.

Social Share Buttons

Goto Top