Soetsuurdeeg brood Resepte

Soetsuurdeeg brood Resepte

2,5 kg broodmeel

1 liter lou water

1 dessertlepel sout

1 teelepel suiker

1 middelslag aartappel

Begin laat namiddag met suurdeeg.

Kook die water en laat dit afkoel in ’n 3 liter kastrol.

Spoel die aartappel af en sny dit in die helfte. Skep dit saam met die sout en suiker in die kastrol. Sprinkel sowat 1 koppie meel oor die water. Moet dit nie roer nie. Maak dit toe met ’n kombers en laat dit deurnag staan om te rys.

Die volgende oggend roer jy nog ’n koppie meel by. Plaas die kastrol in ’n groot bak warm water en laat rys.

Roer die res van die meel met 1 dessertlepel sout. Wanneer die suurdeeg goed gerys het skep jy die meelmengsel by. Knie deur en voeg nog water by soos nodig. Knie tot ’n gladde deeg. Laat dit dan rys tot dit verdubbel.

Knie weer deur, verdeel die deeg en plaas in twee gesmeerde broodpanne. Laat dit rys tot die panne feitlik vol is.

Bak vir 1 uur in ’n voorverhitte oond teen 180°C.

Social Share Buttons

Goto Top