Kampvuur Winter Sop Resepte

Kampvuur Winter Sop Resepte

PREI & AARTAPPELSOP

(Barbara/Kos vir Kampeerders/Kaalvoet/Barefoot Chef)

25 g (27 ml) botter

3 preie, gesny

1 selderystok, gekap

1 knoffelhuisie, fyngekap

2 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny

500 ml hoender-aftreksel

125 ml room

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

5 gekapte grasuie, vir garnering

MAAK SO:

Smelt die botter in ’n kastrol. Sit die preie, seldery en knoffel by. Maak die kastrol toe en kook die groente vir 15 minute tot sag. Roer so elke nou en dan.

Voeg die aartappels en aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 20 minute.

Laat afkoel en gooi die mengsel in ’n versapper. Verpulp

tot glad. Gooi mengsel terug in die kastrol en verhit weer. Voeg room by en geur met sout en swartpeper. Sit voor saam met gekapte grasuie.

DRIE BONE SOP:

(Barbara Joubert)

Ons almal ken drieboneslaai. Hoekom nie in ’n sop nie?

25 minute

30 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 blik (400 g) gekapte tamaties

250 ml groente-aftreksel

1 blik (400 g) cannelini-bone, gedreineer en afgespoel

100 g vars groenbone, in sowat 2 cm-stukke gesny

1 blik (400 g) rooibone, gedreineer en afgespoel

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

MAAK SO:

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die gekapte ui en knoffel tot sag en deurskynend.

Voeg die tamaties en aftreksel by en laat kook vir sowat 10

minute. Voeg al die bone by en geur met sout en swartpeper. Kook vir nog 10 minute. Sit voor saam met ’n lekker gesonde saadbrood.

ERTJIE & SPEKSOP

(Vrouekeur)

In snerpende koue weer is ‘n vullende sop mos trooskos.

312 ml (1¼ k) droë ertjies

1,5 l (6 k) water

bietjie olie

2 uie, gekap

5 ml (1 t) gekapte knoffel

2 selderystingels, gekap

2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie

250 g (1 pakkie) spek, gekap

4 tamaties, gekap

4 wortels, geskil en in skyes

gesny

2 aartappels, geskil en gerasper

½ kop blomkool, in blommetjies gebreek

30 ml (2 e) worcestersous

5 ml (1 t) sout

knypie rooipeper

knypie swartpeper

125 ml (½ k) alfabet- of blommetjiepasta

MAAK SO:

1 Spoel ertjies eers goed onder lopende water af.

2 Sit ertjies en water in groot kastrol en verhit tot kookpunt.

3 Draai hitte laer en sit kastrol se deksel op en laat prut vir 2 uur oor matige hitte tot ertijes amper sag is.

4 Verhit olie in ander braaipan, amper

2 uur nadat ertjies op stoofplaat gesit is.

5 Voeg uie en knoffel daarby en soteer tot ui sag is.

6 Voeg seldery en kruie by, soteer vir nog 2 minute. Voeg spek by en soteer tot spek gaar is.

7 Voeg spekmengsel by ertjiemengsel in kastrol. Voeg oorblywende bestanddele by.

8 Laat vir nog 1 uur sonder deksel kook of tot ertjies lekker sag is.

9 Voeg pasta by en laat nog 20 minute prut tot pasta sag is.

WENK ...

Jy kan droë ertjies oornag in water week.

● LENTIL SOUP:

(cut out and keep)

4 cloves Garlic

1 Yellow Onion

4 Carrot(s)

4 stalks Celery

3 tbsp Olive Oil

2 cup Lentils

1 tbsp Cumin

2 litres Vegetable Broth

1 Bay Leaf

2 whole sprigs Thyme

Salt and Pepper to taste

WHAT TO DO:

Step 1

Set a large, skillet over medium heat and drop in the Garlic cloves with their peels still on. Let them toast for a few minutes on each side, until the skins are browned and fragrant, and set aside.

Step 2

Roughly chop the Onion, Carrots, and Celery. Add the Olive Oil to the dutch oven and saute until browned and tender.

Peel and smash up the Garlic and add it back to the pot, along with the Lentils and Cumin. Cook for a few seconds, until the lentils are nicely coated in oil. Empty the Broth into the pot and add the Bay Leaf and whole sprigs of Thyme. Simmer until the lentils are tender, about 30 minutes. Fish out the Bay Leaf and Thyme.

Step 3

Season with Salt and Pepper and serve piping hot. We like this soup all on its own, but it’s kind of amazing with a little extra . Stir in some spinach or add a little diced ham and definitely serve it with a big side of hearty whole grain bread or cheesy croutons.

Social Share Buttons

Goto Top