Die koste om Jesus te volg

Luk 14:25 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:

Luk 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

Luk 14:27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

Luk 14:28 Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —

Luk 14:29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot

Luk 14:30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

Luk 14:31 Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?

Luk 14:32 Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

Luk 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

Luk 14:34 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?


Social Share Buttons

Goto Top