en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

Eph 4:22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
Eph 4:23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
Eph 4:24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
Eph 4:25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
Eph 4:26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
Eph 4:27 en gee aan die duiwel geen plek nie.


Social Share Buttons

Goto Top