Herlewing deel 6 – Die bruid van Christus

Eph 5:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
Eph 5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
Eph 5:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
Eph 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
Eph 5:26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
Eph 5:27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
Eph 5:28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
Eph 5:29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
Eph 5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
Eph 5:31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.
Eph 5:32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
Eph 5:33 In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.


Social Share Buttons

Goto Top