Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
Rom 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
Rom 7:19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
Rom 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
Rom 7:21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.
Rom 7:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;
Rom 7:23 maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
Rom 7:25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.


Social Share Buttons

Goto Top