God se definisie van liefde deel 2

1Co 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

1Co 13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

1Co 13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

1Co 13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Col 3:12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.


Social Share Buttons

Goto Top