Wat bied jy aan vir die mense om jou?

Gal 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

Heb 13:16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers.

Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Mat 5:42 Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.

Pro 19:17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

Rom 12:13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;


Social Share Buttons

Goto Top