Dit Okay Om Nie Okay Dit Wees Nie

Deu 31:8 En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

Deu 31:9 En Moses het hierdie wet opgeskrywe en dit gegee aan die priesters, die seuns van Levi, wat die verbondsark van die HERE gedra het, en aan al die oudstes van Israel.

Psa 46:1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ‘n Lied. (46:2) God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Psa 46:2 (46:3) Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.

Psa 46:3 (46:4) Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.

Isa 43:1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

Isa 43:2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.


Social Share Buttons

Goto Top