God sê liefde

Col 1:2 aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Col 1:3 Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

Col 1:4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

Col 1:5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,

Col 1:6 wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;

Col 1:7 soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat ‘n getroue dienaar van Christus vir julle is,

Col 1:8 wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.

Col 1:9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,

Col 1:10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

Col 1:11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,

Col 1:12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig—

Col 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Col 1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.


Social Share Buttons

Goto Top