Jesus is die deur na die vader

Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Joh 10:11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
Joh 10:12 Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
Joh 10:13 En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
Joh 10:14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
Joh 10:15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
Joh 10:16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.


Social Share Buttons

Goto Top