Jesus sê ”Ek is die ware wingerdstok”

Joh 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
Joh 15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Joh 15:4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
Joh 15:6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
Joh 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Joh 15:8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.


Social Share Buttons

Goto Top