Wanneer jy jou geloof in Christus stel, word Hy ‘n anker wat jou stewig hou wanneer die winde en golwe van die lewe kom.

Daar is geen twyfel dat jy een of ander tyd rowwe see sal trotseer nie. Soms voel jy dalk asof jy besig is om te sink. Die wêreld druk van elke kant af in, en jy is nie seker wat jou volgende stap moet wees nie. Jy voel of jy deur die strome van die storm voortgedryf word. Wanneer die winde waai en die golwe oor jou lewe stort, het jy ‘n sterk anker om jou veilig en gegrond te hou.

Joh 10:10 – Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Jou vaste anker is Jesus Christus. Jou geloof in Hom gee hoop vir die toekoms en sekuriteit vir vandag. As jy op Hom vertrou, hou Hy jou veilig in die storm.  Met Christus as jou anker het jy ‘n versekering van verlossing en ‘n verhouding met die lewende God.

In christus is daar lewe, Jesus sê “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe” glo in Hom.


Social Share Buttons

Goto Top