1Co 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

1Co 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

1Co 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.

1Co 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.

1Co 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

1Co 11:33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;

1Co 11:34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.


Social Share Buttons

Goto Top