Van een ding is ons seker…

2Ti 2:11 Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
2Ti 2:12 As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
2Ti 2:13 As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.
2Ti 2:14 Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.
2Ti 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
2Ti 2:16 Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
2Ti 2:17 en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
2Ti 2:18 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
2Ti 2:19 Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
2Ti 2:20 Maar in ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
2Ti 2:21 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
2Ti 2:22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
2Ti 2:23 En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
2Ti 2:24 en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
2Ti 2:25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
2Ti 2:26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.


Social Share Buttons

Goto Top